Toelating sal onderhewig wees aan die volledige voltooiing van alle ingeslote dokumente en volgens ons Toelatingsbeleid en nie op ‘n eerste kom eerste bedien basis nie. Toelating bly onderhewig aan die aantal vakatures in elke graad.
Daarom beteken ’n aansoek om toelating nie dat jou kind noodwendig plek sal kry nie. Ons het slegs ‘n beperkte aantal plekke. Aansoekvorms kan elektronies van mev. Sanet Mulder aangevra word deur vir haar te e-pos.