Die grondslagfase bestaan tans uit 15 klasse met 3 Afrikaanse klasse en 2 Engelse klasse vir elke graad. Ons klasgroottes wissel tussen 30 tot 32 leerders per klas. Ons het ook ses onderwysassistente wat die onderwysers in die klas behulpsaam is.
Ons volg die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsverklaring (NKAV). Hierdie kurrikulum bestaan uit Huistaal (Afrikaans), Wiskunde, Lewensvaardighede en Eerste Addisionele Taal. Verslae word aan die einde van elke kwartaal behalwe die eerste kwartaal huis toe gestuur. By die
einde van die eerste kwartaal word onderhoude met die ouers gevoer.
Hierdie fase is die brug tussen die grondslagfase (Graad 1 – 3) en die Senior Fase (Graad 4 – 7). Tydens hierdie fase sal die leerder nie meer leer lees nie, maar lees om te leer.
Denkvaardighede en die toepassing van kennis is die fokus. In hierdie fase sal die leerders ook gespesialiseerde aandag in spesialisvakke ontvang.
Vakke: Tale (Afrikaans en Engels), Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie, Lewensvaardighede (Skeppende Kunste, Liggaamlike Opvoeding en Persoonlike en Sosiale Welstand) en Sosiale Studies (Aardrykskunde en Geskiedenis). Soos uiteengesit in die DBO KABV-riglyne geïmplementeer in
2013. Verslae word kwartaalliks uitgereik.
Ons fokus is om die leerders voor te berei vir hoërskool. Ons sal veral die leerders aanmoedig om meer onafhanklik te werk, om meer verantwoordelikheid te neem, om op tydsbestuur te fokus en om hul studie- en navorsingsvaardighede op te knap.
Vakke: Tale (Afrikaans en Engels), Wiskunde, Natuurwetenskap, Tegnologie, Ekonomie en Bestuur, Lewensvaardighede en Sosiale Studies. Soos uiteengesit in die DBO KABV-riglyne wat in 2014 geïmplementeer is. Verslae word kwartaalliks uitgereik.