Die junior koor maak sang en musiek ‘n belewenis vir die leerders.
Die junior koor bestaan uit leerders van graad 1 – 3. Slegs leerders wat oudisies geslaag het, kan lid van die koor word.
Koormeester: Mej Lesinda Malerbe-du Toit
Oefentyd: Woensdag, 13:14 – 14:15
Musiek vorm ‘n integrale deel van die samelewing en die waarde en betekenis wat musiek tot ‘n kind se opvoeding sowel as ontwikkeling toevoeg, kan nie oorbeklemtoon word nie. Liefde vir musiek word gekweek wat lewenslange vreugde gaan verskaf.
Ons missie is om goeie taalgebruik en selfvertroue te bevorder onder leerders. Ons skep ook die geleentheid om ‘n toespraak voor publieke gehore te lewer – voorwaar ‘n vaardigheid wat ‘n leerder lewenslank sal bevoordeel. Intern Redenaarsmiddae word ter voorbereiding aangebied om ‘n geleentheid aan baie leerders te bied en ook om te bepaal wie kwalifiseer, bv. vir die ATKV Redenaarskompetisie .
Spraak en drama bied kinders die geleentheid om hulself in ‘n veilige kreatiewe omgewing uit te druk. Dit gee kinders die geleentheid om hul selfvertroue, empatie, verbeelding, samewerking, kommunikasie en nog baie meer te ontwikkel.
Interne eisteddfod-geleenthede word deur die jaar verskaf.
Die Grondslagfase se interne middag vind gewoonlik in Kwartaal 2 plaas en die Gr 4-7 middag in Kwartaal 3.
Tussendeur word ook interne sosiale praat-/debatmiddae aangebied, hoofsaaklik vir graad 6- en 7-leerders.