Hermanus
Primary School

Akademiese Ondersteuning

Skoolgebaseerde Ondersteuningsprogram (SGOS)

Elke graad vergader een keer per kwartaal met die SGOS, of soos die behoefte ontstaan. Die SGCE gee dan die onderwyser raad oor hoe om op te tree met die leerhindernisse wat die leerder ervaar, in die beste belang van die leerder. ‘n Intervensieprogram word vir leerders ontwikkel
met spesifieke leerprobleme. Die ouers sal van die SGOS se aanbeveling ingelig word.

Remediërende lesse

Remediërende klasse word aangebied vir leerders wat probleme ondervind met skoolwerk. Die leerders kan individuele of groeplesse bywoon, met leerders wat dieselfde probleme ondervind.

Die leerders woon die lesse tydens skoolure by. Ouers moet vir die ekstra klasse betaal.

Spraakterapie

Leerders wat met spesifieke spraak- of taalprobleme geïdentifiseer is, kan spraakterapie gedurende skoolure ontvang. Die terapeut werk nou saam met onderwysers en ouers. As ouers die diens wil gebruik, moet hulle daarvoor betaal.

Berader

Ons skool het ook ‘n berader wat na die behoeftes van leerders kan omsien indien probleme opduik. Berading en terapie sluit onder meer probleme met depressie, vriendskapsprobleme, afknouery, woede, vrees, hantering van egskeiding van ouers en algemene emosionele probleme in. Skriftelike toestemming is ‘n vereiste vir leerders wat nog nie 12 jaar oud is nie.